Welkom by Bee-Bee By!

opvoedkundige kinder musiek met lekker ritme

3
bemark
temas

Wie is Bee-Bee die By? / More about Bee-Bee the Bee

AVAILABLE IN AFRIKAANS AND ENGLISH

Bee-Bee die By is beskikbaar vir optredes! Kontak jeanette@pronette.co.za of whatsapp 0614567673 vir `n bepreking of om jou album te bestel.

Bee- Bee die by is ’n splinternuwe karakter wat fokus op kinders tussen die ouderdom van twee en nege jaar. Bee-Bee se musiek is nuut vars en opvoedkundig en help kinders om die basiese dinge soos vorms, kleure ensovoorts beter te verstaan.

Ons doen instappies by kleuterskole en laerskole en leer die kinders op 'n prettige manier deur middel van 'n musikale vertoning. Ons doen ook feeste, kerk bazaars en opedae.

Jeanette Pretorius is die brein en stem agter die produksie en al die liedjies is uit haar eie pen. Sy is self ook ’n mamma van twee kinders en het gevoel daar is ’n behoefte aan nuwe opvoedkundige kinder musiek met lekker ritme en ’n kommersiële klank.

Jeanette Pretorius het al jare se ondervinding in die musiek bedryf. Sy was ook die bekende stem agter die baie gewilde Selflees en luister reeks vir kinders en het al die kinderliedjies daarop gesing.

Sy is ook deel van die Ghoema bekroonde groep Heuning en het ook ''n volwasse solo album "HERE YOU COME AGAIN, THE MUSIC OF DOLLY PARTON " wat deur David Gresham Records vrygestel is.

Bee-Bee die By se musiek is beskikbaar op alle digitale platforms

Bee-Bee the Bee helps children from the age of two-nine years understand essential topics like colours, shapes and many more.
We do educational shows at pre-primary and primary schools.

Afrikaans:

English:

Beebee Die By

Bee-Bee bied aan:

Bee-Bee Die By Album

Bee-Bee bied een volledige kinder musiek album aan met 10 verskillende liedjies wat opvoedkundig is, vol pret is en ’n kommersiële klank het!

Vir meer inligting oor die album loer na winkel blad.
Daar sal n voorsmaak wees van wat die album bied!

Spend R500 or more to get free delivery